
=====================================================================
Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge

Die afgelope twee tot vier jaar het die Stigting vir Afrikaans se buitelandse aktiwiteite, vennootskappe en vooruitsigte aansienlik 
toegeneem. Dit het gou duidelik geword dat 'n hele eie portefeulje besig is om vorm aan te neem: die Stigting se Direktoraat Buitelandse 
Betrekkinge, wat direk aan die voorsitter van die Raad van Trustees verantwoordelik is.

Dit is vir my 'n opwindende vooruitsig om vanaf 1 Oktober die eerste bekler van hierdie pos in die nuwe Stigting vir Bemagtiging deur 
Afrikaans met sy swaar klem op bemagtigingswerk te wees. Reeds enkele jare lank het ek met die vormgewing van die buitelandse 
werkportefeulje te doen gehad.

Oral in die wreld is daar belangstellendes in Afrikaans wat genteresseerd is om saam te werk met Stigting-projekte of om vennote te word 
in ons netwerk-uitbouing. Die Stigting het reeds sedert 1 Junie vanjaar twee Europese werkstasies of skakelkantore in werking, die een in 
Antwerpen en die ander in Wenen. Twee verdere werkstasies, op ander kontinente, is tans in die vooruitsig.

Ook is die SBA besig om fluks te vorder met planne vir sy nuwe internet-webblad oor Afrikaans in die buiteland. Daarnaas is verskeie 
samewerkingsprojekte waarby die skoolgaande Afrikaanse jeug, uitvoerende kunstenaars, gemeenskapskrywers, die boekhandel, plaaslike 
ontwikkelingsprojekte en universiteitskakeling betrokke is, tans besig om gestalte te kry.

Die Stigting sal jaarliks betrokke wees by enkele belangrike fokusgeleenthede oor Afrikaans in die buiteland, bv. lesingreekse of seminare, 
konserte, uitstallings en minifeeste op taal- en kultuurgebied.

Verder beplan die Stigting ondersteuning aan die buitelandse verspreiding van Afrikaanse onderwys- en opleidingsmateriaal, algemene boeke, 
CD's en video's.

Al hierdie Stigting-bydraes in verband met buitelandse skakeling is daarop gerig om die Afrikaanse taalgemeenskap te help versterk en 
bemagtig. Dit geskied in 'n wreld waarin globalisering 'n al hoe belangriker faktor word en waarin die uitbouing van bande tussen 
verskillende taalgroepe 'n ho prioriteit is.

Vir die Stigting n vir die Afrikaanse taalgemeenskap l 'n opwindende toekoms voor! Dr. Karel Prinsloo.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av744.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

